Hoe werk dit?

Ons is huidiglik in ‘n beta toets fase. Vir ‘n sekere aantal leerders sal ons die verslag gratis verskaf en sal kommentaar en voorstelle waardeer.

Kies die korrekte toets vir jou graad. Ons sal in kontak wees via epos vir die aflewering van die verslag¬† Maak seker dat jy ‘n geldige epos adres verskaf. Die toets en verslag sal in Afrikaans wees.

Algemene Vaardigheids Assesserings (Afrikaans)

Hierdie toetse kan gebruik word om ‘n idee te kry van watter areas aandag nodig het en min of meer in watter graad die gaping ontstaan het. Die toetse kan nie elke CAPS vir elke jaar toets nie, dit sal ure duur. Die toetse gee benadering van probleemareas waarna jy ons detail onderwerp toetse kan gebruik word wat elke jaar se bemeestering van ‘n onderwerp toets.